Die 87-jarige monarg het dié bekentenis aan die sangeres Laura Wright by ’n Statebond-geleentheid by Buckinghampaleis gemaak.

Laura, wat God Save the Queen gaan sing voor Engeland dié naweek teen Wallis in ’n rugbywedstryd te staan kom, het aan die Daily Mail gesê: “Sy het gesê Gary Barlow het haar gesê enigeen kan sing – jy moet net leer hoe om dit te doen, en ek stem volkome daarmee saam.”

Die koningin is ’n aanhanger van Gary se musiek en het een van Take That-sanger se liedjies gesing toe hulle mekaar ontmoet.

“Toe ek met haar praat, het sy ’n stukkie van een van die liedjies op Gary se album Sing gesing. “Dit het geklink of sy ’n lieflike stem het. Ek het vir haar sanglesse aangebied, maar ek dink sy is dalk ’n bietjie te besig daarvoor.”

Die koningin is besig met haar koninklike pligte en gaan op 10 Maart die Statebondviering, Brittanje se grootste veelgelowige viering, in die Westminster-abdy in Londen bywoon.

Haar man, prins Philip, seuns prins Charles en prins Edward en dié se vrou, Sophie, die gravin van Wessex, gaan dit ook bywoon.