Koningin Elizabeth het gister hulde gebring aan die voormalige Britse premier Margaret Thatcher deur, in weerwil van die tradisie, ’n verskyning te maak by die militêre plegtigheid in die St Paulus-katedraal in Londen.

Thatcher is verlede week in die ouderdom van 87 aan ’n beroerte oorlede.

Die koningin en haar man, prins Philip (91), het 10 minute voor die aankoms van die kis opgedaag.

Alhoewel hulle histories nie die begrafnisse van nieadellikes bywoon nie, het die paar ’n uitsondering gemaak vir die omstrede oudleier van die Konserwatiewe Party. Die enigste ander keer dat die koningin deel van so ’n seremonie was, was met Winston Churchill se gedenkdiens in 1965.

Thatcher was die koningin se 8ste en langsdienende premier tydens haar majesteit se lang heerskappy.

Premier David Cameron, die operasangeres Katherine Jenkins en die aktrise Joan Collins het onder meer ook die diens bygewoon.

- Bang Showbiz