Die Protea-toetskaptein, Hashim Amla, sê dit was ’n eer om saam met Jaques te kon speel. “’n Speler van Jacques se formaat kry ’n mens een maal in 50 jaar. Hy het ’n groot invloed op soveel Protea-spelers gehad oor ’n tydperk van 20 jaar.

“Ek voel bevoorreg om een van dié spelers te wees. Jy waardeer die yslikheid van die krieketspeler, nie net as jy na sy prestasies kyk nie, maar ook wanneer jy saam met hom speel,” sê Hashim.

Haroon Lorgat, uitvoerende hoof van Krieket Suid-Afrika, sê: “Hy is ongetwyfeld een van die beste spelers wat al ons wonderlike spel gespeel het. Hy het ’n groot rol gespeel om krieket waarlik ’n nasionale sport van wenners te maak, en so bygedra tot die belangrike proses van nasiebou.”

Ook die oud-Protea-kaptein Graeme Smith, wat self vroeër vanjaar uitgetree het, het Jacques geloof en gesê die tydsberekening van sy aankondiging is perfek.

“Hy het die span genoeg ruimte gegee om die leemte takties te vul wat hy nou laat, maar dis natuurlik altyd hartseer wanneer spelers van sy kaliber (ophou speel).

“Maar hy het ’n ongelooflike loopbaan gehad wat ons almal kan vier. Hy het soveel geluk gebring en Suid-Afrikaanse krieket het soveel uit Jacques gekry in soveel verskillende eras,” het Graeme gesê.

Kyk ’n bietjie na dié syfers van Jacques se ongelooflike, 19 jaar lange loopbaan:

Kallis

Sapa