Die kondome is glo ’n manier om paartjies aan te spoor om te wag voor hulle ’n tweede kind het.

Buiten die voorbehoedmiddels het prins William (31) en Catherine (31), wat na verwagting op 13 Julie die lewe gaan skenk aan hul eersteling, ook ’n sneeupakkie en spanbroekie gekry om seker te maak hul baba bly warm tydens die Britse winter. Die geskenk het ook ’n badhanddoek met ’n kappie, ’n tandekry-speelding en boudjiesalf ingesluit.

’n Woordvoerder van die Kensington-paleis het gesê: “Ons is verheug oor die gawe geskenk wat ons van die Finse regering ontvang het.

“Dit was baie bedagsaam en ons bedank hulle daarvoor. Ek is seker die hertog en hertogin is nuuskierig oor die inhoud.”

Die koninklike egpaar sal waarskynlik baie belangstel in die bababoks – die Finse regering deel dit aan alle swanger vroue in hul land uit. Die boks kan dien as ’n bedjie, wat beteken die pienkvoet kan lekker uitrus in die kartonboks.

’n Woordvoerder van Kela, wat die pakkie afgelewer het, het gesê: “Kela wens die hertog en hertogin van Cambridge geluk. Die pakkie het oor die wêreld heel ’n positiewe reaksie ontlok. Boonop was die tydsberekening perfek.”