’n Jong man van Bloemfontein is ’n dag voor sy mondigwording skielik oorlede weens komplikasies verwant aan ’n griepvirus berig Volksblad.

Jonty Annandale, 20, is Sondagoggend oorlede nadat hy sowat ses weke terug griep opgedoen het.

Verlede Sondag was Jonty egter baie swak en is hy weens geelsug in die Life Rosepark-hospitaal in Bloemfontein opgeneem.

Volgems Volksblad het ’n hartsonar het gewys dat die griepvirus se stamme nie net sy longe nie, maar ook sy hartspiere aangetas het.

Hy het weens dié komplikasie hartversaking opgedoen en kort daarna ’n hartaanval gekry en kon nie weer bygebring word nie.

LEES MEER HIER