Lyk jy soos een van ons Curriebeker-sterre? Dalk soos Steven Kitshoff met sy vlamrooi kop  en stewige lyf? Dalk is jy jou dorp se eie Morné Steyn-kloon? Of sê die mense “heita, Gio!” wanneer jy op straat verbyloop?

Speel dan jou kaarte reg en jy het ’n kans om van jou Curriebeker-helde in lewende lywe te ontmoet. En ook nie sommer so nie – by die eindstryd op 26 Oktober vanjaar, waar jy ook ’n toer van die stadion sal meemaak en ’n getekende trui sal ontvang.

Stuur vir ons foto’s van jouself en dié kookwaterprys kan joune wees. Die Curriebeker is immers  sinoniem met Suid-Afrikaanse rugby. Week ná week sê Suid-Afrika se beste spelers mekaar die stryd aan op die rugbyvelde van die land. Oorsese kontrakte kom en gaan, maar Curriebeker-glorie bly hoog op elke Suid-Afrikaanse speler se wenslys. En vanjaar is jy dalk deel van die eindstryd-opwinding!

Kompetisie: Curriebeker-dubbelganger

As jy soos een van ons huidige Curriebeker-sterre lyk, kan jy wen in ons dubbelganger-kompetisie.

Maak so Stuur ’n foto van jou na suzaan.hauman@media24.com. Gee ook jou naam, kontakbesonderhede en die naam van die rugbyspeler na wie jy lyk. Dis belangrik dat die speler in vanjaar se Curriebeker-reeks speel.

Sluitingsdatum 26 September 2013 om 13:00

Prys Twee dubbelkaartjies na die Curriebeker-eindstryd, ’n stadiontoer, die kans om van die spelers te ontmoet en ’n getekende trui.

Baie belangrik: Die prys sluit nie vervoer na die wedstryd in nie.

& Die pryse word geborg deur die Absa Curriebeker. Jy kan ook deelneem aan die Suid-Afrikaanse Rugbyunie en Absa se groot kompetisie, waar jy R150 000 kan wen deur bloot jou span te ondersteun. Vir nog inligting, gaan na www.myteammypassion.co.za.

-       Suzaan Hauman