Al die meisies, wat tussen die ouderdom van nege en 16 is, is ingeënt met Gardasil, wat die menslike papilloomvirus (die oorsaak van servikale kanker) inhibeer.

In die afgelope maande het hulle almal simptome getoon, insluitend gevoellose hande, floute en hoofpyn, berig CBS News. Sowat 120 meisies is oor die afgelope naweek hospitaal toe gehaas, wat die dorp se mediese fasiliteite oorweldig het.

Volgens die Associated Press het die burgemeester van El Carmen de Bolivar, die dorpie waar die siekte toegeslaan het, bevestig daar is sedert Mei vanjaar ’n geleidelike toename in die simptome.

Maar gesondheidswerkers het gewaarsku Gardasil word suksesvol aan miljoene vroue wêreldwyd toegedien, en dat daar geen rede tot kommer is nie.

Toksikoloë en dokters assesseer die situasie om te bepaal of daar buiten die entstof enige ooreenkomste tussen die pasiënte is.

Gardasil se verteenwoordigers het ook ’n verklaring uitgereik wat sê hul produk is getoets en is veilig.

Bronne: Associated Press, CBS News, Daily Mail.

- Mieke Vlok