hg100 image

Dit is die eerste groot aktiwiteit wat gaan plaasvind om ons eeuwording te vier. Dit beloof groot vermaak, met net die beste liedjies deur gewilde Afrikaanse sangers soos Theuns Jordaan, Kurt Darren, Robbie Wessels, Emo Adams, Karlien van Jaarsveld, Nádine en Andriëtte, asook die Tygerberg-kinderkoor.

Die KKNK versterk waardering vir kuns en kultuur in Suid-Afrika en is al net so ’n instelling in die Suid-Afrikaanse kultuur soos Huisgenoot. Die fees word in 2016 vir die 22ste keer op Oudtshoorn aangebied en Huisgenoot is ’n bekende gesig daar; elke jaar se konsert is ’n groot sukses en 2016 s’n lê ons na aan die hart.

“Ons is trots daarop dat Huisgenoot al 100 jaar oorleef – iets wat baie min handelsmerke regkry. En ons oorleef nie net nie; ons floreer en is al baie dekades die land se topverkopertydskrif. Boonop bereik ons nou aanlyn nuwe gehore.

"Ons is dankbaar dat ons hierdie mylpaal in ons geskiedenis met die KKNK se feesgangers kan deel. Nou vir die volgende 100!” sê Huisgenoot se redakteur, Henriëtte Loubser.

’n Eeu is voorwaar ’n mylpaal, en ons gaan dit behoorlik vier – soos net Suid-Afrikaners kan!

Belangrike vrae:

Wanneer? 26 Maart

Hoe laat? 19:00

Waar? Oudtshoorn-sportterrein

Kaartjies vanaf R120 is beskikbaar by alle Computicket-handelspunte. Klik hier vir nog inligting.

Ander stories op Huisgenoot.com

Nie taal, tegnologie of selfs kanker keer ouma van graadvang

Maaltye wat die vetrolletjies help afskud

Is jy 'n Willie Weet-alles of Meneer die onderwyser agter die stuur?

Hoekom Suid-Afrika se Raponsie nie die skêr inlê nie