Vlaggies

010710YUM048.pdf - Adobe Reader

Knip 8 reghoeke van 15 x 21 cm elk uit material van jou keuse (afvallappies is ideaal). Vou 2 cm aan die een kort sy om en werk of stik die soom in – help jong kinders hiermee. Versier jou vlaggies met aanstrykprente. Ryg tou deur die some en hang die vlaggies in jou slaapkamer.

Troetelklip

01

Maak ’n kuiken: Soek drie klein klippies en ’n eiervormige een. Gom die kleintjies (vir die pote en die snawel) met Pratley Quickset Clear Glue aan die groot klip vas. Hou dit in posisie tot die gom droog is. Verf dit met met plakkaatverf en teken ogies. Jy kan ook ’n hond maak uit twee groter klippe wat jy vasgom om ’n kop en lyf te vorm. Gom vier kleineres vas vir pote. Gebruik ’n pypskoonmaker vir die stertjie.

Geweefde plekmatjie

010710YUM049.pdf - Adobe Reader

Gebruik karton of plakboekpapier as die basis. Teken ’n raam van 2 of 3 cm reg rondom. Sny gleuwe 3 cm uit mekaar oor die lengte van die papier – bly binne die raam. Weef gekleurde linte of papier oor die breedte deur die gleuwe. Plak die los punte agter met kleeflint vas.

WENK: As jy jou matjie langer wil laat hou, laat dit by ’n kopieerwinkel lamineer.

Eierdosie-insekte

01yyyt

Knip die koppies uit eierdosies. Gom dit aan mekaar vas om die vorm van die insek te kry wat jy wil hê. Verf dit met plakkaatverf. Versier nou jou insekte met pypskoonmakers vir pote en voelers. Maak klein gaatjies in die karton en steek die pypskoonmaker deur. Vlerke kan van sneespapier en karton gemaak word. Plak gekoopte ogies op of verf ogies en ’n mond.

Aartappledruk-T-hemp

010710YUM049l.pdf - Adobe Reader

Sny ’n aartappel middeldeur en teken ’n letter of patroon daarop. Onthou, letters moet in spieëlskrif (agterstevoor) geskryf en uitgesny word anders gaan dit verkeerdom uitkom! Sny die aartappel rondom die letter of patroon met ’n skerp messie uit. Die letter of patroon moet dus bo die oppervlak van die aartappel uitstaan – help jong kinders hiermee. Plaas ’n plastieksak binne die T-hemp om te keer dat die verf na die agterkant van die T-hemp deursyfer. Gooi ’n bietjie materiaalverf in ’n piering en druk die aartappelstempel daarin. Druk dan die patrone of letters op jou T-hemp.

WENK: Oefen eers jou aartappeldruk op ’n stuk papier voor jy dit op die T-hemp druk. Stryk die T-hemp sodra die verf droog is sodat die verf in die materiaal kan intrek.

- Shelly Bergh

Foto’s: Misha Miles