Dit beteken die mosie sal dalk uitgestel moet word. Partye het tot Donderdag 12:00 om die aansoek teen te staan. Die aansoeker moet sy antwoord hierop op Woensdag 19 April teen 16:00 indien.

Die mosie van wantroue sou op Dinsdag 18 April in die nasionale vergadering bespreek word.

In die riglyn wat Dinsdag uitgereik is, sê die hoofregter die partye moet hul geskrewe voorleggings op Vrydag 21 April teen 16:00 indien.

Dis ’n klein oorwinning, het die UDM-leier, Bantu Holomisa, aan News24 gesê.

“Die feit dat daar na ons geluister gaan word, is ’n oorwinning vir stap een,” het hy gesê.

Terwyl hy verduidelik het wat dit beteken, het hy gesê hul prokureur, Eric Mabuza, sal nou aan die speaker skryf om uitstel te vra wat die mosie van wantroue betref.

“As (die speaker, Baleka Mbete) weier, sal ons ’n dringende aansoek rig om die mosie te keer,” het hy gesê.

Sedert die opposisiepartye die mosie ingedien het, het Holomisa hulle genader om hulle te vra om tot die uitstel in te stem, het hy gesê.

Die party meen ’n geheime stemming sal lede van die ANC toelaat om ten gunste van die mosie te stem.

Die parlement het egter gesê die bepalings van die wetgewende vergadering en die Grondwet maak nie voorsiening vir ’n geheime stemming wanneer ’n mosie van wantroue ter sprake is nie.

“Die speaker het geen wetlike bevoegdheid om sodanige bepalings te verander nie,” het die parlement Maandag gesê.

“Stemprosedures in die wetgewende vergadering word deur die Grondwet en die reëls van die wetgewende vergadering bepaal.”

Bron: News24