Die volgende in ons gewilde Huisgenoot-Boekkuiers is met Pieter Cilliers, die bekende TV-man wat in sy nuwe boek, Soeker, verder van sy lewensreis as gay gelowige vertel.

Met sy debuutwerk het hy mense laat regop sit en ’n ernstige debat in kerke en gebedsgroepe ontketen oor die kwessie van gay én gelowig wees.

Pieter Cilliers, bekend as vervaardiger van die TV-reeks Kwêla, maar ook ’n opgeleide predikant, het daarmee gewys dis ’n sweer wat lankal oopgesteek moes gewees het.

In ’n Kas Is vir Klere het hy geskryf oor hoe hy homself moes leer aanvaar. In Soeker kyk hy terug op alles wat sedert die verskyning daarvan gebeur het. Hy vertel van die pad wat hy saam met soveel mense – gay en straight – moes stap wat hom op sy reis ingewag en beïnvloed het.

Kom luister hoe Pieter met ons boekeredakteur, Elna van der Merwe, gesels oor wat alles in die kas kan bly en wat moet uit.

Die Boekkuier kos R160 per persoon en sluit middagete, drinkgoed en afslag op Soeker in. Dit kos normaalweg R225 en bevat die teks van die eerste opspraakwekkende boek, ’n Kas Is vir Klere, sowel as van die nuwe een.

Bespreek nou, want sitplek is beperk.

KLIK HIER  vir betalingsbesonderhede en meer inligting oor waar die boekekuiers plaasvind.