Sy was Suid-Afrika se legendariese ambassadeur in Bapetikosweti. Sy hou vol sy het ’n groot rol gespeel om P.W. Botha uit die kussings te lig en die bal aan die rol te sit vir transformasie.

Daarby is sy ongetwyfeld die interessantste ouma wat jy kan kry en een van die land se grootste kampvegters teen vigs.

Evita Bezuidenhout is selfs al op WikiLeaks aangehaal toe sy Brittanje se koningin Elizabeth II gewaarsku het om haar kamerdeur gesluit te hou terwyl pres. Jacob Zuma verlede jaar ’n staatsbesoek daar afgelê het.

En nou kry jy ’n kans om hierdie plesierige diva te ontmoet wanneer sy ’n koel stukkie tegnologie bekendstel: Evita se BlackBessie.

Suid-Afrika se koningin van parodie gaan haar geheim deel oor hoe om te oorleef as jy tegnologies gestrem is – ’n notaboek waarmee jy jou lewe met humor en vermaak kan organiseer.

Dis veel meer as ’n dagboek en daarin verskyn ook foto’s van Evita en haar gunsteling-sêgoed.

Sluit by ons aan vir ’n prettige oggend saam met Huisgenoot se boekeredakteur, Elna van der Merwe. Sy gaan met oom Hasie se vrou en die ouma van Winnie-JeanneNelson-Ignatius enLa Toya-Ossewania, gesels.

Bly daarna vir ’n heerlike ete, en wie weet, dalk sal tannie Evita haar naam in jou BlackBessie teken.

Ons kuier saam in Somerset-Wes op Saterdag 18 Junie by die Lourensford-wynlandgoed en in Pretoria op Saterdag 25 Junie by Papa's aan die rand van Hatfield.

KLIK HIER vir volledige besonderhede oor hoe die koste daaraan verbonde, hoe om te bespreek en meer oor die plekke waar ons gaan saamkuier.

Bespreek nou dadelik jou plek; die kaartjies sal heel waarskynlik soos koeksisters verkoop! En onthou, Evita se BlackBessie sal by die geleentheid te koop wees.