’n Amerikaanse maatskappy het ’n koffie vervaardig wat 200 persent meer kafeïen bevat as ’n standaardkoppie boeretroos.

Die koffie staan bekend as “Death Wish” en word beskryf as “die sterkste koffie ter wêreld”. Die koffie se kenteken bestaan uit ’n skedel en kruisbene met ’n waarskuwing: “Nie vir swakkelinge nie.”

“Dis nie ’n gewone koppie oggendkoffie nie. Dis nie die tipiese koffie wat jy by die supermark kan koop nie. Jy gaan dié koffie nie in Starbucks kry nie.

“Death Wish-koffie is die sterkste van sy soort op aarde en beslis nie vir papbroeke nie,” waarsku die vervaardigers.

-Bang Showbizz