Vroeër Donderdagmiddig is skrikwekkende foto's gedeel van onheilspellende wolke wat OR Tambo-internasionale lughawe soos speelgoedland laat lyk.

Gister het wydverspreide reën erge skade aangerig in groot dele van Gauteng, veral aan die Johannesburgse Oos-Rand. Lees ook: 21 ongelooflike foto’s en video’s van Woensdag se fratsvloede Gauteng Weather het reeds vroegoggend gewaarsku teen nog erge donderstorms en hael. Volgens traveller24 word daar ook verskeie vlugvertragings (aankoms- sowel as vertrektye) by OR Tambo Internasionale lughawe ervaar as gevolg van gebrek aan sigbaarheid en swaar weer.

Swaar reën gepaard met sterk wind word ook in die ooste van Pretoria ervaar. Groot dele van die stad is ook sonder krag.

Teen 20:40

Terwyl vlugte by OR Tambo-lughawe hervat word, spook tegnici in Pretoria steeds om elektrisiteittoevoer te herstel na groot dele van die stad.

Die ergste weerstoestande lyk wel of dit aan die verbybeweeg is.

Teen 20:10

Die krag is steeds af in groot dele van Oos-Pretoria. Die metroraad het bevestig die volgende areas word geaffekteer: Mooikloof; Garsfontein; Silver Lakes; Watloo; Wapadrand; Mamelodi; Eersterust; Silverton; East Lynne; Montana; Doornpoort en Rooiwal.

Teen 19:17

Die eerste vlug is toegelaat om weer vananf OR Tambo-lughawe op te styg. Maar volgens 'n News24-leser is die lughawegebou stampvol passasiers wie se vlugte weens die slegte weer vertraag is.

Vroeër vanmiddag:

Dit lyk soos iets uit 'n rillerfliek.
Hierdie foto is naby Sandton geneem.
Lees ook: Dié paaie is steeds gesluit na fratsvloed, die weerburo voorspel nog reën
'n Leser het hierdie video vanaf haar huis se stoep in Melville geneem.
[video width="848" height="480" mp4="http://www.huisgenoot.com/wp-content/uploads/2016/11/WhatsApp-Video-2016-11-10-at-6.39.10-PM.mp4"][/video]

Meer oor die storms volg soos dit gebeur.