GOOGLE sal moet spring om sy satellietkaart aan te pas, want as jy weer jou oë uitvee, het een van die bekendste bakens naas Tafelberg vir motoriste op die N2 asof in die niet verdwyn.

Met een slag sal dit alles binne sekondes vir die “ou ladies van Athlone’’ verby wees, soos daardie tweeling-koeltorings by die Athlone-kragstasie genoem word. Maar hulle sal darem nie stil heengaan nie, want hul sloping sal een van die grootstes nóg in Suid-Afrika wees.

Daar’s wel hartseer oor die einde van die “sout-en-peperpotte’’, maar ook opwinding in die lug noudat die aftelling begin het. Maar hoe trek jy kolosse omtrent so hoog soos 30 verdieping-wolkekrabbers plat, digby ’n hoofweg en nie ver van woonhuise af nie?

In die Huisgenoot van 12 Augustus 2010 verduidelik ons hoe hierdie torings gesloop word.

Bespreek vir Skouspel!