Volgens die verklaring was Demi-Leigh op Jan Smuts-rylaan in Hyde Park, Johannesburg, toe drie gewapende kapers haar nader.


Gelukkig het sy daarin geslaag om uit die motor te klim toe iemand haar te hulp snel en met haar van die toneel af wegry. 


’n Veiligheidsonderneming het haar motor en handsak later op die toneel teruggevind. 


Nadat die aankondiging gemaak is, het die minister van polisie, Fikile Mbalula, ’n verklaring oor die saak op Twitter uitgereik. 


In die verklaring sê Mbalula hy beskou alle misdaad teen vroue en kinders as ’n toegevoegde prioriteit en herhaal “ons het geen tyd om te mors nie”. 


“Geen hulpbronne sal gespaar word in die stryd teen misdaad nie. Genoeg is genoeg was twee dekades gelede, nou is dit tyd om die oorlog teen misdaad direk na die vyande van die mense te neem,” lui die verklaring.


Die amptelike Mej. SA-rekening het bevestig Demi-Leigh is inderdaad veilig en ongedeerd.