’n Trop beeste het ’n ontploffing op ’n plaas veroorsaak.

Sowat 90 opgeblase beeste in ’n skuur op die Duitse dorpie Rasdorf het soveel gas in hul winde vrygestel dat die dak aan die brand geslaan het en een koei beseer is.

Die plaaslike polisie sê in ’n verklaring: “’n Statiese elektriese lading het die gas laat ontplof en vlamme veroorsaak.”

Die brand is veroorsaak deur metaangas in die winde wat die beeste gelaat het. Die beseerde bees moes vir brandwonde behandel word.

Een bees kan tot 400 L metaangas per dag vrystel. Dit beteken die 90 beeste se winde kan in een dag tot 36 000 L metaangas oplewer.