bulletproof copy pic

Amerika se geskiedenis van vuurwapengeweld, veral in skole, is skokkend. Sedert die Sandy Hook-tragedie in 2012, waar 20 kinders en ses volwassenes dood is, was daar 74 skietvoorvalle by skole in Amerika.

Skietaanvalle by skole is ’n tragiese werklikheid, en terwyl dit baie bespreking oor veiligheid uitgelok het, het die maatskappy ProTecht ’n produk geskep wat kinders hopelik kan gebruik as so ’n tragedie hul skool tref. Die Bodyguard Blanket is ontwerp om tydens gevaarlike situasies tydelike beskerming te bied, veral tydens skietaanvalle.

Die kombers kan kinders ook tydens natuurrampe soos tornado’s teen vallende puin te beskerm, maar die hooffokus is op die beskerming tydens skietaanvalle.

Tegnies gesproke is die Bodyguard koeëlbestand. Dit word van dieselfde materiaal gemaak as die beskerming wat polisie- en militêre lede dra. Dit kan opgevou word en as beskutting gebruik word. Dit het bande sodat dit soos ’n rugsak in plek gehou kan word.

Koeëlbestande materiaal is nie goedkoop nie; die Bodyguard kos sowat R11 000, maar ProTecht wil saam met skole en organisasies sonder winsbejag werk daarom bekostigbaarder te maak. Selfs met ’n aansienlike afslag gaan dit waarskynlik te duur wees vir plaaslike skole.

- Megan Bursey

Bronne: bodyguardblanket.com, mashable.com, businessinsider.com