HY'T jou altyd met oop arms gegroet. Hy was een van die beste digter-skrywers in die Afrikaanse musiekbedryf.

Hy was ook 'n talentvolle skilder, al het min mense dit geweet. En Lucas Maree het sy vrou en kinders verafgod.

Hy was een van die nederigste manne in die bedryf, en waar hy was, het mense maar altyd gelag. So groot soos sy lyf was, groter nog was sy gees. Maar uiteindelik het Lucas (59) se vlees ’n twee jaar lange stryd teen prostaatkanker verloor.

Sy nalatenskap is ’n skat van liedjies en soveel wonderlike herinneringe waarmee die Victoriabaai-man sy vriende gelaat het. Die saggeaarde sanger het baie gehad, en hier deel van hulle hul spesiale Lucas-oomblikke.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 3 Maart 2011