#AbDevilliers The legend cricketer of modern cricket #GreatOne

A photo posted by CRICKBUZZ (@thecricket.1991) on
Die kapteinskap hier ter sprake is dié van toetskaptein. Voorts sal AB (32) ook die toetsreeks teen Sri Lanka misloop. Dit is te wyte aan 'n knieserige elmboogbesering.
Hy het aangedui dat dit in belang van die Standard Bank Proteas se belang is dat Faf du Plessis as die voltydse toetskaptein bevestig word. "Die belange van die span moet altyd groter weeg as dié van die individu, insluitend myself," het hy gesê.
"Dit was vir my 'n fantasiese eer om weer gevra te word om die toetsspan as kaptein aan te voer maar ek het twee reekse misgeloop." Hy het ook aangedui dat daar nog onsekerheid oor sy fiksheid vir die reeks teen Sri Lanka is.
"Gedagtig aan die span se uitstekende vertoning teen Australië is dit duidelik in die groter belang van die span dat Faf du Plessis as die voltydse toetskaptein bevestig moet word."

AB het in Oktober 'n operasie aan sy linkerelmboog ondergaan. Alhoewel die elmboog baie beter is het die Proteas se spanbestuurder, Mohammd Moosajee, gesê daar wag nog 'n verdere 3-4 weke van herstel voor. AB, gebore Abraham Benjamin de Villiers, het op 17 Desember 2004 sy toetsdebuut teen Engeland in Port Elizabeth gemaak. Twee maande later volg sy debuut in eendagkrieket toe hy op 2 Februarie 2005 nie net die paaltjie van PD Collingwood eis nie, maar self 20 lopies van 38 balle aanteken. In 2006 volg sy T20-debuut op 24 Februarie 2006 teen Australië in Johannesburg. AB word deur ESPN beskryf as 'n asemrowende kolwer met hope vermetelheid (chutzpah) en vindingrykheid.

Sy ratsheid as paaltjiewagter het hom en die span ook tot groot voordeel gestrek. Wie sal ooit sy 278 lopies teen Pakistan in Abu Dhabi (November 2010) kan vergeet? Dit is tot nou toe die tweede hoogste telling deur 'n Suid-Afrikaanse kolwer aangeteken. In 2011 volg hy Graeme Smith na afloop van die krieket-wêreldbeker op as kaptein vir die eendagreeks (ODI) en daarna vir Hashim Amla na die tweede toets teen Suid-Afrika as toetskaptein.
AB en sy pragtige vrou, Danielle.

Ses AB se rekords

1. 18 Janaurie 2015: Hy bereik die vinnigste 50 lopies met slegs 16 balle teen die Wes-Indiese span op die Wanderers. 2. 18 Januarie 2015: Hy skuif die rekord op na die vinnigste 100 lopies met net 31 balle in dieselfde wedstryd. 3. 27 Februarie 2015: Die vinnigste 150 lopies met net 64 balle teen die Wes-Indiese span in Sydney. 4. Vinnigste 8 000 lopies bereik in ODI-wedstryde. 5. Hy ewenaar Rohit Sharma en Chris Gayle se rekord vir die meeste sesse aangeteken in 'n kolfbeurt: 16 (2007 Wêreldbeker) 6. AB en Chris Gayle het beide 37 sesse aangeteken tydens die Wêreldbeker - nog 'n rekord. Saam met spanmaat Virat Kholi beklee die twee die hoogste T20-vennootskap in die Indiese Premier-liga (IPL).

Bronne: espncricinfo.com, cricbuzz.com, wikipedia.com