Die groep Eden is besig om hul aanhangers te groet. Hulle gaan hierdie jaar nog net twee konserte saam doen voordat hulle gaan halt roep en elk hul op hul eie individuele loopbane sal fokus.

Hulle het Saterdag een van hul laaste groot konserte gehou, voor sowat 10 000 mense in SuperSportpark in Centurion by die Jacaranda Dag-musiekfees.

Jay wil hom as ‘n solo-kunstenaar vestig, en het reeds sy ondersteuners gaande met die duettreffer, Toe stop my hart, saam met Lianie May.

Johan Vorster gaan weer al sy aandag wy aan sy projekte by Mozi-Musiek, waarvan hy en Sean Else  vennote is. Hulle het reeds saam as liedjieskrywers sukses behaal met die musiek van die blyspele Jock of the Bushveld en Shaka Zulu.

Dan wil Paulo Azevedo meer op die tegniese kant van musiekvervaardiging konsentreer en sy betrokkendheid by die Coleske-ateljees uitbrei.