Lizzy en Phantom is twee koalabere wat die afgelope naweek deur ’n motor in Australië getref is. Hulle is na ’n dierehospitaal gebring waar Lizzy ’n noodoperasie moes ondergaan om ’n platgevalle long te opereer. Gelukkig was haar kleinding, Phantom, ongedeerd, en dié het vir die duurte van die operasie aan haar vasgeklou. Lizzy het die operasie oorleef en herstel goed. “Lizzy is op die herstelpad en ons is gelukkig om te kan sê dit gaan goed met haar,” het Jamie-Lynn Nevers, ’n verpleegster by die veearts, aan die Courier Mail gesê. “Dis ’n lonende ervaring as jy sien dit gaan goed met pasiënte soos Lizzy.” Phantom het sy ma sê sy nog nie sedert die operasie verlaat nie.

Bronne: dailymail.co.uk, news.yahoo.com, metro.co.uk