Inwoners van Green Valley (in Plettenbergbaai) en Buffelsbaai (by Brenton-on-Sea) moes Saterdogoggend as voorsorgmatreël ontruim. Ook die bosbougemeenskap van Fairview moes ontruim.

Sterk wind bemoeilik pogings om die brand onder beheer te bring.

Volgens ’n plaaslike geskiedkundige, Phillip Caveney, was die laaste vernietigende brand wat met die huidige vergelyk kan word in omvang, in 1869.

George-munisipaliteit het weer vyf Go George-busse beskikbaar gestel om te help met die ontruiming. Dit is in hierdie stadium onseker of Sedgefield-inwoners ook ontruim het.

Knysna-munisipaliteit sê daar is in hierdie stadium geen ontruimings in die gebied nie, maar dat die gebied wel gemonitor word. Bykans 4 000 mense is nog dakloos gelaat.

Wind wat tot 42 km per uur kan haal, word vanaf Saterdagoggend in die streek verwag.

Twaalf helikopters is ontplooi. Dit sluit een helikopter van Working on Fire (WOF) en 11 van die weermag in.

Water en kragtoevoer

Sporadiese kragonderbrekings word ook ervaar omdat kilometerlange kragkabels vernietig is.

Die bruin kleur van die water is geen rede tot kommer nie. Dit is veilig om te gebruik.

Vanweë die hitte deur die brand veroorsaak, het talle waterpype gebars. Inwoners word versoek om steeds spaarsamig met water te werk te gaan.

Enige lekkasies kan by 044 302 6300 aangemeld word.

Watter paaie is gesluit/oop?

Kontak Eden-distrik by 044 805 5071.

Hoe kan jy help?Matrasse, slaapsakke, gebottelde water en sanitêre produkte spesifiek vir bejaardes bedoel, word dringend benodig.

Vir die noodpersoneel en brandbestryders word asmapompe, oogdruppels, water, energiestafies en Wet Wipes benodig.

Algemeen: Nie-bederfbare kos, warm klere, beddegoed, water.

Donasies kan by enige DHL-sentrum landwyd afgegee word.

CemAir vlieg ook noodvoorrade na die geteisterde gebied.

Intussen het dieWes-Kaapse minister van kulturele sake en sport, Anroux Marais haar waardering uitgespreek teenoor Suid-Afrikaners wat uitreik en hulp verleen waar moontlik.

Noodnommers

Vermiste persone
Meld asseblief enige vermiste persone aan by 044 302 6687 of 08600 10111.

Misdaad
Sewe persone is in hegtenis geneem vir diefstal gedurende die brande.

Knysna - Vrydag

Bykomende bron: news24.com