Die drie gesinslede was ’n man, sy vrou en hul seun.

Die plantasiebrand is buite beheer en 13 huise by Springveld moes ontruim word.

Die plaaslike brandweerhoof, het alle moontlike steun vanuit die Wes-Kaap versoek noudat die brand na Belvidere en Brenton-On-Sea uitwyk. Inwoners in die omgewing word ook nou ontruim.

Spanne van Working on Fire (WOF) is reeds na Knysna gestuur. Die hulp van die weermag mag ook ingeroep word.

Talle vriende en familielede wend hulle nou na Twitter om hul kommer oor naasbestaandes in die omgewing uit te spreek.

Laat Woensdagmiddag het die inwoners van Knysna Heads ook begin ontruim.

Die brande is by Hooggekraal, naby Rheenendal, Kruisfontein-plantasie (naby Nekkies op die N2), Karatara en dan in die rigting van Plettenbergbaai. Die N2 tussen Knysna en Sedgefield asook ’n gedeelte na Plettenbergbaai bly gesluit.

Intussen is verneem dat die perde by die Equine-Librium-dierekliniek in Plettenbergbaai suksesvol ontruim is.

Kristel Terblanche het hierdie foto, asook die hooffoto van die berig, met Huisgenoot gedeel.

Bykomende bronne: citizen.co.za, news24.com

Save