Lewer sowat 12 broodjies

Bereiding: 30 min.

Rystyd: 1½ uur

Baktyd: 20-25 min.

Broodjies

2 eiers

30 ml (2 e) olie

500 ml (2 k) louwarm water

60 ml (¼ k) suiker

5 x 250 ml (5 k) Broodmeel

1 pakkie (10 g) kitsgis

10 ml (2 t) sout

15 ml (1 e) knoffelvlokkies

Doopsous

180 ml (¾ k) botter

2 knoffelhuisies, gekneus

10 ml (2 t) paprika

20 ml (4 t) droë pietersielie

sout

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer 12 klein broodpannetjies

  1. Broodjies Klits die eiers, olie, water en suiker saam.
  2. Sif die meel, gis en sout in ’n groot bak Voeg die knoffelvlokkies en die eiermengsel by. Knie tot dit ’n sagte deeg
  3. vorm wat nie aan jou hande vassit nie. Laat 1 uur rys.
  4. Doopsous Verhit die botter en knoffel in ’n kastrolletjie en voeg die res van die bestanddele by. Laat 1 minuut prut. Hou eenkant.
  5. Knie die deeg af en verdeel in 12 ewe groot dele Vorm in balletjies en rol in die doopsous. Plaas in die pannetjies en laat 30 minute rys.
  6. Bak 20-25 minute tot ’n toetspen skoon uit die middel kom.