Knoffel, wat onlangs op Buzzfeed te sien was, het in ’n reeks kortrolprente dieselfde hartseer uitdrukking op sy gevreet. In een staar hy by ’n motorvenster uit; in ’n ander lyk hy sonder enige rede verpletter terwyl ander honde om hom baljaar.

Dave vertel: “Knoffel is een van vier honde wat behoort aan ons fotoregisseur, Michael Cleary, en sy fotograaf-vrou, Melanie Cleary. Ek en Michael werk baie saam en dit het my opgeval hoe hartseer sy hond altyd lyk. Ons het eendag besluit om hom te verfilm; ons weet steeds nie waarom nie. Dis ’n ontwikkelende projek.”

Dave sê Knoffel se hartseer is onverklaarbaar. “Hy het nie ’n interessante verhaal nie. Niks beduidends het gebeur nie. Hy doen niks in al die ure se beeldmateriaal wat ons van hom het. Die lewe gebeur rondom Knoffel.”

Dave werk meestal vir MacDuff Films. Hy sê, behalwe die kort rolprente oor Knoffel, maak hy ook advertensies, musiekvideo’s en vreemde video’s oor honde. Om van sy skeppings te sien, insluitende die video’s van Knoffel, besoek www.macduff.tv of hul Faceboek-blad: https://www.facebook.com/MacDuffFilms.

-          Dalena Theron