Wat is tande kners?

Die mediese term vir tande kners is bruxisme, en die term vir wanneer dit snags gebeur, is nagtelike bruxisme. Twee of drie kinders uit elke 10 sal hul tande kners. Party sal dit ontgroei, terwyl ander dit sal aanhou doen.

Hoekom kners kinders op hul tande?

Die gekners kan veroorsaak word deur stres, senuspanning of woede. Maar soms gebeur dit wanneer hul stel permanente tande ontwikkel en doen hulle dit onbewustelik om die pyn te verlig. ’n Ander rede is dat hul tande nie in lyn is nie.

Is dit gevaarlik?

Kinders wat hul tande kners, kan hoofpyn of temperatuursensitiwiteit ervaar; hulle kan ook hul tande beskadig. Chroniese knersers kan ook gesigpyn en probleme met hul kaak ervaar, wat kan lei tot ’n toestand genaamd temporomandibulêre gewrigsteuring.

Hoe keer jy dit?

Die Gautengse tandarts dr. Abdul Ismael sê ’n broer of suster wat ’n kamer met die kind deel, bring gewoonlik die gekners onder die ouer se aandag. “Ons het mondskerms wat ons aan die pasiënt gee; dit is in verskillende kleure beskikbaar. Dit is sag en van rubberagtige materiaal gemaak, en dit keer die gekners,” sê hy.

“Die meeste ouers kom tandarts toe vir hulp vir hul kinders, maar dit is belangrik om te weet dit is ook ’n sielkundige toestand.”

- Londiwe Dlomo

Ekstra bronne: kidshealth.org, webmd.com, medicalnewstoday.com

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.