Hier is ’n paar eenvoudige wenke waarmee jy “daardie tyd van die maand” se pyn die nekslag kan toedien.

Die krampe kom voor wanneer jou uterus saamtrek en spasmas hê soos dit van sy voering ontslae raak, wat die maandstonde tot gevolg het. Dit duik om die tyd van jou menstruele siklus op en kan jou dagroetine heeltemal omkeer; die pyn kan jou ongemaklik en antisosiaal laat voel.

Maar moenie toelaat dat dit jou terughou en jou dag tot stilstand dwing nie. Hier is ’n paar maniere om dié krampe stop te sit.

Pynmedikasie

As die pyn te erg raak, kan jy gerus pynpille neem; dit is immers hul doel. Ibuprofeen is maagkrampe se Moses – maak net seker jy neem die korrekte dosis en volg enige ander aanwysings op die pakkie. As dit nie die pyn verlig nie, moet jy ’n dokter spreek wat dalk ’n sterker alternatief sal kan verskaf.

’n Bietjie liefde

Die gevoel van ’n warmwatersak teen jou maag is hemels wanneer jy pyn het, en die hitte kan die pyn verlig. ’n Bad kan ook jou spiere help ontspan, wat ook jou uterus sal help ontspan. Jy voel dalk ongemaklik om in hierdie tyd te bad; dalk kan jy een keer vroeg in jou maandstonde bad en een keer naby die einde bad.

Kook ’n paar heerlike etes vir jouself en sluit kosse in wat krampe kan help stuit, soos pietersielie. Sy eienskappe kan die pyn stop, en seldery is, kan ook waterretensie help stuit.

Voorbehoedmiddels 

Dit is dalk verbasend om te hoor baie mense neem nie voorbehoedmiddels om swangerskap te voorkom nie – dit is om hul maandstonde te reguleer en die pyn te verlig. Hormonale opsies soos die Pil, inplanting if inspuiting kan jou pyn help verlig en selfs jou maandstonde wegneem. Maak seker jy praat met jou dokter en kies die opsie wat reg is vir jou.

’n Bietjie horisontale pret

Jy voel dalk nie lus vir ’n bietjie intimiteit met jou maat of ’n bietjie intieme alleentyd nie, maar dit is al bewys ’n orgasme verlig spanning in die liggaam en stel hope endorfiene vry. Net ’n idee!

© Cover Media