Ná 20 jaar van demokrasie voer die regerende partye sy taaiste herverkiesingsveldtog nog, met ’n donker wolk van skandaal, verdeeldheid tussen alliansies en die opvlamming van gewelddadige optogte oor dienslewering in die aanloop tot die verkiesing.

Jarelange persepsies van korrupsie het saamgeloop in een woord – Nkandla – en dit word direk met die president verbind in ’n omstredenheid wat die opposisie in ’n sentrale veldtogkwessie omskep het.

Maar ontleders sê die mate waarin dit gewerk het en of dit Woensdag sal lei tot stemme vir kleiner partye bly ’n ope vraag. “Dis nie duidelik of korrupsie kiesers so woedend gemaak het dat hulle hul stempatrone sou verander nie,” het die politieke ontleder Judith February gesê in ’n studie deur die Instituut vir Sekerheidstudies wat op die vooraand van die verkiesing uitgereik is.

Volgens die jongste voorverkiesing-peiling deur Ipsos sal die ANC 63 persent en die DA 22 persent kry, maar ’n groot foutgrens is ook in ag geneem aangesien meer as ’n derde van die 25 miljoen geregistreerde kiesers voel dat geen party hul standpunte weerspieël nie.

- Sapa