’n Kleuterskoolonderwyseres is in die pekel omdat sy ’n kleuter by die skool geslaan het.

Volgens Daily Mail het onderwyseres, wie se naam nie genoem word nie en wat by ’n skool in die Yibin-provinsie in Sichuan in China werk, op kamera gevang dat sy die kleuter aanval.

Die kleuter het blykbaar geweier om duttyd te gaan slaap en die onderwyseres het toe die saak in eie hande geneem.

Die reeks voorvalle wat op 13 Mei gebeur het, is op die skokkende greep van 11 sekondes vasgevang.

Dit toon hoe die onderwyseres wydsbeen oor die kind sit en en haar met ’n opgestopte dier slaan.

Die onderwyseres slaan die kleuter vyf keer terwyl sy skree en haar ma roep. Dan eindig die greep skielik. Die greep is op 1 Junie op YouTube gelaai. Die skokkende mishandeling is by die plaaslike polisie aangemeld. Volgens People’s Daily Online het die opvoedingsraad van Yibin bekend gemaak die betrokke vrou is eintlik ’n student wat ’n plaaslike universiteit bywoon.

Waarskuwing: Die video bevat grafiese inhoud wat sommige kykers kan ontstel.

Bronne: Daily Mail, Inquistr.com