“Ek is huiwerig om van hulle ontslae te raak, maar het nie ’n keuse nie; hulle verg sulke harde werk. Hulle los mekaar heeltyd af en om die waarheid te sê: Hulle eet my uit die huis.

Die kleuters is latyd besig met kattekwaad

“Hulle maak beurte om daagliks iets te doen wat hulle nie mag doen nie. Dit is soos om telefoontjie te speel.

“As jy dus die regte mens is vir die twee poedels aan die regterkant, kontak my. Ek bied hulle vir ’n goeie huis aan. Kan ’n mens kinders op eBay verkoop?”

Dit is nie die eerste keer dat Kylie ’n deurmekaarspul moes uitsorteer wat haar twee onafskeidbare dogters veroorsaak nie.

Myla en April-Rose is mal daaroor om die huis op horings te neem. Hulle teken op mekaar, gooi hulle in hul ma se kamer met babapoeier – alles terwyl Molly en Buster hulle vergesel.

Weens hul manewales is die kleuters “die Kray-tweeling” gedoop. Die twee hou glo nooit op om hul gesin te vermaak nie – veral hul broers, Leon (12) en Billy-Joe (8).

Kylie sê al is dit “uitputtend en frustrerend” om heeltyd agter haar dogters op te ruim, is April-Rose en Myla se hegte verhouding ’n riem onder haar hart.

“Hulle is soos die Kray-tweeling. Hulle saai ’n chaos in die huis en doen alles saam.

“Die honde is ook altyd by hulle. Hulle is almal betrokke. 

“Staffies het ’n slegte reputasie, maar hulle is wonderlik met die kinders. Hulle het ’n ongelooflike verhouding met mekaar.

“Die kattekwaad kan irriterend raak en dit voel of ek heeltyd agter hulle moet skoonmaak. Dit verskaf hulle egter soveel plesier en die seuns dink dit is snaaks. Ek laat die kinders maar toe kom kinders te wees. ’n Mens moet dit doen. Jy kan nie heeltyd met hulle raas nie.”