Twee kleuters is dood aan hitteblootstelling nadat hulle in ’n verlate motor in KwaZulu-Natal vasgekeer was.

Die seun (3) en meisie (2) het gespeel saam met twee ander maats wat nou in ’n kritieke toestand in die hospitaal is.

Die vier vriende is bewusteloos in ’n verlate motor in Clermont, wes van Durban gekry, sê Robert McKenzie, ’n woordvoerder van KZN EMS.

“Daar word beweer gemeenskapslede het die kinders in die motor opgemerk en hulle uit die warm voertuig gered voordat hulle na die plaaslike gemeenskapsgesondheidsentrum gehaas het,” sê Robert.

Verpleegpersoneel het beamptes van KZN EMS ontbied om die kinders te help behandel en na die hospitaal te vervoer.

“Twee van hulle is by die kliniek dood verklaar,” sê Robert.

Die twee oorlewendes is by die kliniek behandel voor hule na ’n hospitaal daar naby oorgeplaas is.

Hulle is steeds in ’n kritieke toestand, sê Robert.

Bron: News24

Huisgenoot joernalis Petro-Anne Vlok het onlangs 'n eksperiment gedoen waarby sy haarself vrywillig in 'n voertuig toegemaak het - terwyl dit 36°C buite was. Moenie hierdie eksperiment by die huis probeer nie.

Lees ook:

Huisgenoot-joernalis kyk hoe pastoor sy lyf 007 hou

‘Ek wens dit het nooit met my gebeur nie,’ sê baksteenslagoffer Caden