Die kinders van Kaapstad is dood nadat hulle vasgekeer is in ’n motor wat in Macassar aan die brand geslaan het, sê die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement.

Die driejarige seuns is om en by twaalfuur gistermiddag kritiek beseer en met derdegraadse wonde aan 80 persent van hul lyf hospitaal toe geneem. Hulle is later dood.

Toe brandbestryders op die toneel aankom was die seuns reeds verwyder uit die verbrande motor wat in die gebied geparkeer was, sê Theo Lane, die woordvoerder van die Kaapse brandweer.

Hy sê hy kan nie bespiegel oor die omstandighede wat tot die brand aanleiding gegee het nie.

“Bure het die brand met ’n (tuin)slang geblus,” sê hy.

Die departement het hul meegevoel met die gesinne in ’n verklaring uitgespreek.

SAPA

Red so iemand uit ’n brandende motor:

- Keer eers verkeer en voetgangers weg van die brandende voertuig om ander mense se veiligheid te verseker.

- Bel ’n nooddiens en ambulans.

- Draai jou toe in enige beskermende klere wat jy op die toneel het.

- As jou lewe nie in gevaar is nie, probeer die vlamme met ’n brandblusser blus.

- Probeer ’n reaksie van die passassiers kry om vas te stel in watter vlak van gevaar verkeer en of hulle nog by hul bewussyn is.

- Probeer die deur oopmaak om die passassiers uit te kry. Probeer hulle andersins deur ’n ruit uitlig.

- As jy ’n motorruit moet uitslaan, breek die een die verste van die passassiers af.

- Kry die passassiers en jouself so ver moontlik van die voertuig.

- Kry dadelik mediese aandag.

Bronne: http://www.popularmechanics.com, http://home-emergency.wonderhowto.com, http://www.theeye.co.zw, wikihow.com