Brandon Hoffman (20) van New Jersey, wou die voormalige swaargewigkampioen The Undertaker se stoeibeweging The Last Ride – wat behels dat jy jou opponent op jou skouers tel in ’n omgekeerde abba-posisie voor jy hom op die grond gooi – na-aap.
Die WWE-aanhanger het later erken hy het die stoeibeweging verkeerd uitgevoer.

In dié geval was die 18 maande Bryson Shoemaker veronderstel om op die bed te land, maar Brandon het misgegooi en die seuntjie het op die vloer beland, sy nek gebreek en sy long het platgeval.

Hy is in die hospitaal dood verklaar.

Brandon, wat na die kind gekyk het terwyl sy ma werk, het aanvanklik aan beamptes gesê die ongeluk het gebeur toe hy Bryson in die lug gegooi en nie gevang het nie.

Die WWE-aanhanger het later erken hy het die stoeibeweging verkeerd uitgevoer.

Hy word aangekla weens onwillekeurige strafbare manslag, ernstige aanranding en ander oortredings.

Bronne: dailymail.co.uk, mirror.co.uk, tmz.com