’n Eenjarige seuntjie is dood ses dae nadat sy ma hom glo van ’n brug in die yskoue waters van die Lehighrivier gegooi het.

Zymeir Perry se ma, Johnesha Perry (19) het hom glo eers ’n soentjie gegee voor sy hom van die 15 meter hoë brug gestamp het. Na sy hom gestamp het, het sy van die brug gespring.
Ma en seun het aanvanklik die val oorleef.

Die voorval het in Allentown in die Amerikaanse deelstaat Penssilvanië plaasgevind.

Ma en seun het aanvanklik die val oorleef.

’n Polisieman, Joseph Ianetta, het die baba meer as 600 m stroomaf uit die ysige water gered. Hy het dadelik mond-tot-mond asemhaling toegepas.

Johnesha is self ernstig in die val beseer, maar kon daarin slaag om die rivierwal te bereik. Sy het onder die brug ineengestort.

Zymeir is na ’n nabygeleë hospitaal geneem, maar het ses dae later beswyk. Intussen is ’n saak van poging tot moord en aanranding met verswarende omstandighede teen sy ma aanhandig gemaak.

Sy word onder hewige polisiebewaking in die hospitaal behandel.

Bronne: Mirror.co.uk; Daily Mail