Sou jy toelaat dat jou  dogtertjie haar hare sny en aan kankerpasiënte skenk? Dis presies wat die vierjarige Emily James van Kanada gedoen het. Kyk die video hier.

In ’n onlangse blog-inskrywing het Emily se ma, Amy, vertel hoe haar dogtertjie met ’n wonderlike haredos gebore is. “Die verpleegster by die hospitaal het haar skelmpies na die ander verpleegsters geneem om hulle te wys; hulle het haar nie geglo toe sy kom vertel van die baba met die kop donker hare met blonde punte nie,” het sy geskryf.

Op driejarige ouderdom moes Emily se hare gesny word en haar ouers het verduidelik sy kan haar hare aan ’n kankerstigting skenk. Sy het ingestem, maar op een voorwaarde: Haar pop se hare moet ook gesny word.

Skenk so hare

Klik hier vir Kansa se lys vereistes en details vir waar hare gelos of gestuur kan word.

Kyk hoe Emily (en haar pop) haar verhaal vertel en hare laat sny, en lees Amy James se blog-inskrywing hier.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.