Brandweermanne moes ’n kleuter bevry nadat hy in ’n wasmasjien vasgekeer geraak het.

Die driejarige seuntjie, Peng, van Suzhou in China se Anhui-provinsie, het by die wasmasjien ingeklouter terwyl sy ma weggekyk en het toe daarin vasgesit, berig The Mirror.

Nadat sy ’n halfuur lank gesukkel het om hom uit te kry, het Qian Tien, die seun se ma, die brandweer ontbied. Hulle moes ’n hoekslyper en hidrouliese gereedskap gebruik om die seuntjie te bevry.

Die brandweer se woordvoerder Yong Wu het gesê: “Die seuntjie was glad nie bang nie. Trouens, hy was baie opgewonde om so baie brandweermanne in sy huis te sien.”