’n Vulletjie van net 50 cm is in die suidweste van Engeland by die miniatuurperdjiesentrum in Dartmoor gebore.

Volgens kundiges is dié dierbare dingetjie die kleinste perdjie in Brittanje.

“Klein Sorrel sal hier by die sentrum saam met haar ma aanbly,” het Kevin Ginsberg, bestuurder van die sentrum, gesê.

Sorrel se ma, wat sowat 11 maande dragtig was, het binne ’n minuut die lewe geskenk.

“Die geboorte was sonder uitdagings of probleme. Toe haar water eers breek, het als baie vinnig gebeur. Die hele geboorte het sowat ’n minuut geduur,” sê Suzanne Dufty, wat teenwoordig was tydens die vulletjie se geboorte.

- Bang Showbizz