Dié bewerings is veroorsaak ’n opskudding in Amerika, waar regskenners die saak as bogemiddeld interessant beskou.

Nathan Carman (23) en sy ma, Linda (54), van Middletown, Connecticut, het glo gereeld saam op hengeluitstappies gegaan.

Hulle het in September 2016 weer so gemaak, maar op 18 September is hulle as vermis aangemeld nadat hulle met sy boot, Chicken Pox, naby Rhode Island, in die deelstaat New England, vertrek het.

Linda het geglo hul uitstappie sou hulle net sowat 20 seemyl (37 km) van die kus af neem. Maar Nathan het ander planne gehad.

Sewe dae later is hy in ’n dobberende viermanreddingsbootjie meer as 100 seemyl (185 km) vanaf Martha’s Vineyard deur ’n Chinese vragskip, die Orient Lucky, opgepik.

Die Amerikaanse kuswag het die soektog na Linda afgelas omdat hulle geglo het sy leef nie meer nie. Van sy ma is daar tot vandag toe nog geen spoor nie.

Volgens Nathan het Chicken Pox onverwags begin lek. Die boot het volgens hom baie vinnig begin sink. Hy het glo nie eens tyd gehad om ’n noodsein uit te stuur nie.

“Ek het na my ma geroep, maar ek kon haar nie sien nie.”

In die nasleep van die voorval het al hoe meer vrae het begin opduik. Volgens die versekeringsmaatskappy het Nathan kort voor die beplande uitstappie doelbewus veranderings aan Chicken Pox aangebring. Hulle voer aan hierdie veranderings sou die boot onveilig gemaak het.

Die versekeringseis gaan daarom nie uitbetaal word nie.

Die susters beweer nou dat Nathan ook vir sy ma se verdwyning verantwoordelik is – dalk selfs haar moord.

Dan Small, ’n Bostonse prokureur wat Linda se drie susters, Elaine J. Chakalos, Charlene Gallagher en Valerie Santilli, verteenwoordig, sê getuienis dui daarop dat Nathan sy oupa in 2013 vermoor het.

Die susters beweer nou dat Nathan ook vir sy ma se verdwyning verantwoordelik is – dalk selfs haar moord.

In Suid-Afrika staan dit as die beginsel van die bloedige hand bekend.

Die susters eis dat Nathan nie voordeel uit sy beweerde misdaad moet trek nie. In die New Hampshire-regstelsel word dit die "slayer rule" genoem. In Suid-Afrika staan dit as die beginsel van die bloedige hand bekend.

Anders as die geval van ’n strafregsaak, moet hier bloot bewys word dat die moontlikheid dat hy sy oupa en ma vermoor het, sterker spreek as dat hy dit nie gedoen het nie.

Sou Nathan ooit strafregtelik aangekla word, berus die onus op die staat om te bewys hy is bo alle redelike twyfel skuldig.

As daar bevind word hy het niks met sy oupa se moord of sy ma se dood te doen gehad nie, kan hy tot R104 miljoen erf.


Die hofaansoek

Van die punte wat in die hofaansoek verskyn, is die volgende:

  • Nathan het sy ma agtergelaat en vir homself voorsiening gemaak.
  • Nathan en sy oupa het oor geld getwis.
  • Hy het ’n Sig Sauer 716 Patrol semi-outomatiese vuurwapen aangekoop kort voor sy oupa doodgeskiet is.
  • Dit is dieselfde kaliber wapen waarmee sy oupa geskiet is.

John Chakalos

Hy was ’n bekende eiendomsmagnaat. Toe die 87-jarige John op 20 Desember 2013 in Windsor, Connecticut, in die teregstellingstyl doodgeskiet is, was sy boedel R414 miljoen sterk. Sy vrou, Rita, het kort vantevore aan kanker gesterf.

Die paartjie, wat in 1954 in die huwelik getree het, was veral bekend vir hul wonderlike en oordadige 6 miljoen Kersliggies en ’n 6 m-hoë Kersvader wat tien jaar lank toeskouers van heinde en ver gelok het.

John het die aand van sy dood ’n gas vir aandete gehad: sy kleinseun Nathan.


Wat het Nathan oor alles te sê?

“Ek was absoluut nie betrokke by my oupa se moord nie,” hou Nathan vol terwyl hy ook ten sterkste ontken enige veranderings aan Chicken Pox was sabotasie.

Hulle was die belangrikste twee mense in sy lewe.


Dalk het toeval net ’n groot rol gespeel. Nathan het ’n geweer gekoop - soortgelyk aan die moordwapen se kaliber - kort voor sy oupa doodgeskiet is. Die moordwapen is nog soek.

Clark Carman, Nathan se pa, glo vas sy seun is onskuldig aan sy oupa se moord en sy ma se verdwyning. “Hulle was die belangrikste twee mense in sy lewe.”

Meer oor Nathan

  • Hy ly aan Aspergersindroom. As 17-jarige was sy ma baie bekommerd oor die eienskappe van vervolgingswaan wat hy begin openbaar het. Sy sou desperaat aanlyn na ’n instelling vir geestesgesondheid soek wat hom doeltreffend kan versorg.
  • Clark het egter Nathan se uitbarstings toegeskryf aan die feit dat sy klasmaats hom sou ignoreer of boelie. Sy enigste metgesel, ’n perd genaamd Cruise, het doodgegaan en dit was ’n geweldige slag vir hom as tiener.
  • Nathan was die laaste persoon wat sy oupa lewend gesien het
  • Hy het ná sy oupa se moord van sy GPS en rekenaarhardeskyf ontslae geraak.
  • Hy was ook die laaste persoon wat sy ma lewend gesien het.

Bronne: abcnews.go.com, carmonfuneralhome.com, boston.cbslocal.com, heavy.com, nypost.com