Dit was egter wat hy aangevang het toe sy dit die minste verwag het, wat haar op ’n emosionele wipwarit laat beland het.

Haar kleinseun, David Goodings, het ’n baie besondere plan met sy ouma gehad toe sy haar verjaardag gevier het. Dit het swoeg en sweet agter die skerms gekos, maar ouma Iris se trane het dit alles die moeite werd gemaak.

David, ’n bekende platejoggie asook televisiepersoonlikheid van Londen, het sy vaardighede en kennis kombineer omdat hy, soos hy dit stel “net graag ietsie anders vir my ouma vir haar verjaardag wou doen.”

En dit was beslis die moeite werd. Kort nadat Iris in haar kleinseun se motor klim, begin hy met raserige radiostasies vroetel. Sy is geheel en al onbewus van wat presies aangaan, tot waar die radio-omroeper die uitsending onderbreek.

“Die nuus het pas bekend geword: Iris Howard verjaar vandag. Sy is in die algemeen bekend daarvoor dat sy die afgelope 10 jaar die titel van ‘Beste Ouma’ verower het.

“Dié 86-jarige word gereeld as ‘n ongelooflike mens bestempel is is baie geliefd onder haar familie.”

Iris was absoluut oorweldig deur die gebaar en natuurlik het die snesies baie handig te pas gekom so tussen die lag en trane deur.

David het almal se wense op band opgeneem en vir sy ouma in die motor gespeel. Hy het selfs haar broer aan wie sy baie geheg is, in Australië in die hande gekry om vir haar geluk te wens.

Natuurlik moes haar broer hom verkneukel oor ’n paar staaltjies, veral hoe hy onder Iris deurgeloop het omdat hy die woord “duck” gebruik het. Sy het in alle waarskynlikheid sy Aussie-uitspraak met ’n ander vierletter-woord verwar.

Bronne: huffingtonpost.com, thesun.co.uk, youtube.com