[caption id="attachment_137255" align="alignnone" width="500"]Foto: WENN Foto: WENN[/caption]

Op foto’s wat deur die sentrum gedeel is, lyk dit asof dié beseerde noordelike spotvoël op stompies loop – maar sy ly eintlik aan ’n toestand wat veroorsaak dat haar kloutjies invou.

Luidens die sentrum kon sy nie haar pote oopmaak om te staan of op ’n tak te sit nie en het geloop met haar kloutjies na onder gekrul. Hoewel die oorsaak van die toestand onbekend is, kom dit blykbaar dikwels by jong voëls voor.

[caption id="attachment_137256" align="alignnone" width="500"]Foto: WENN Foto: WENN[/caption]

"In hierdie besondere geval het die voël die skoene ’n week lank gedra,” verduidelik dr. Lorraine Barbosa op die sentrum se webtuiste.

"Ons los gewoonlik die skoene 5-7 dae aan hul kloutjies (afhangend van die graad van die knakking). Daarna verwyder ons dit en kyk of die voël sy tone self in die regte posisie kan hou, sonder die skoene.

"As dit die geval is, los ons die skoene en maak die volgende paar dae elke dag seker dat die tone in die regte posisie bly.

"Die voëls verdra die skoene gewoonlik baie goed en loop taamlik natuurlik met hulle. In gevalle waar hulle slegs ’n skoen aan die een kloutjie het en die ander een normaal is, sal hulle selfs op toue of takke sit.”

Hierdie kuiken was gelukkig, want die skoene was ’n sukses en sy sal binnekort weer in die natuur vrygelaat word.

Dit lyk dalk vir ons vreemd, maar Jennifer Brent, uitvoerende direkteur van die sentrum, verduidelik: “Vir ons is dit nie ’n uitsonderlike geval nie – ons doen elke seisoen 5-10 keer hierdie soort herstelwerk aan voëlkloue.”

Bron: WENN