Nie eens sy pa se eerste verskyning in die openbaar 31 jaar gelede is so fyn dopgehou of elke oomblik so presies ontleed nie.

George Alexander Louis, die prins van Cambridge, William en Kate se eersteling en die derde aanspraak­ maker op die Britse troon, was salig onbewus van hoe gretig die skare buite sy hospitaal­ kamer gewag het dat hy gesig moet wys.

Beelde van die prinsie, met ogies op skrefies getrek teen die geflikker van die kameraligte, handjies wat rondtas terwyl hy saggies kerm, is we^reldwyd uitgesaai terwyl die groot media­ skare die oomblik vir altyd vasgele^ het.

Lees Nicola Whitfield se artikel in Huisgenoot 8 Augustus 2013