Dinsdag is die wonderlike nuus aangekondig toe die Lions-speler Courtnall Skosan dié foto gedeel het met die boodskap: "Laat ons toe om jou aan ons klein seëning, Courtnall Jordan Skosan, voor te stel."

Sy pragtige vrou en nuwe mamma, Semone, het die nuweling roerend verwelkom: "Niemand sal ooit die krag van my liefde vir jou ken nie. Boonop is jy die enigste een wat weet hoe my hart van binne klink."

Twee dae gelede, kort nadat die Lions met 25–17 die knie moes buig voor die Crusaders in die Superrugby-eindstryd, het Semone dié woorde van liefde en waardering vir Courtnall gedeel.

It will all soon be worth it...

A post shared by S E M O N E (@semoneskosan) on

Baie geluk met jul nuweling, Courtnall en Semone! Geniet elke oomblik van die klein wonderwerkie.