• Wat was vir jou die lekkerste deel van jou kuier saam met Pedro? 

Pedro is eerstens ’n vriend en daarnaas ’n wonderlike musikant, talent en skepper. Dis net lekker om te sit en kuier met iemand wat al hierdie kwaliteite besit – wat kan beter wees?

  • Wat maak Pedro volgens jou uniek? 

Sy vaardigheid om steeds ’n egte warmte uit te straal terwyl hy as aanbieder en musikant deurgaans vrek professioneel is!

  • Wat doen jy die graagste op ’n Vrydagaand? 

Ek hoop ek werk nie en kan dus huistoe gaan en die deur agter my toetrek . . .

  • Noem vir ons drie van jou gunstelingliedjies. 

Sunnyside van Lucas Maree, enigiets van Koos Doep en min of meer enigiets van JS Bach. O ja, en Africa deur Toto.

Kyk hier na Pedro en Coenie se duet:

Die herhalings saai Saterdag (3 Junie 2017) om 19:00 en Dinsdag (6 Junie) om 14:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uit.