AS KLARA van 7de Laan die ding moes verduidelik, sou sy seker gesê het: “Ek nuwe boer aanbied, ja!?”

En dis wat Angelique Gerber wat die geliefde Roemeense karakter vertolk, nou gaan doen. En as aanbieder van die nuwe reeks van Boer Soek ’n Vrou sal sy boere regoor die land net soveel bekoor as vir die manne van 7de Laan – en dit sonder die krom en skewe sêgoed van Klara.

Sy wil sy geen tweede Elma Postma wees nie, sê Angelique. Dié trek binnekort weer ’n sepie-baadjie aan nadat sy die eerste drie reekse van kykNET se gewilde werklikheidsreeks aangebied het. Sy gaan nou in Binneland Sub Judice verskyn as Bea Delport, ’n nuwe skakelbeampte by die Binneland Kliniek.

Angelique sê sy wil haar eie stempel as aanbieder van Boer Soek ’n Vrou afdruk.“Ek is een bondel energie; ek is seker dit sal duidelik wees. Vir my is die reeks ’n emosionele reis.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 24 Februarie 2011