Johannesburg – Met dié woorde het die Johannesburgse tiener Klara Göttert  se tannie haar tragiese heengaan op Facebook beskryf.

Die Duitse Internasionale Skool in Johannesburg, waarvan Klara 'n leerder was, het ook hul medelye betuig aan die gesin en vriende van die 14-jarige meisie wat haar eie lewe geneem het.

“Die skoolgemeenskap het met skok verneem van Klara Göttert se skielike heengaan,” het die skoolhoof, Thomas Bachmeier, gesê in ’n brief op die webtuiste van die skool waar Klara ’n leerder was. “Die skool wil graag sy innige simpatie met Klara se familie betoon.”

Sielkundiges staan haar klasmaats en ander medeleerders by, het hy bygevoeg.

’n Facebook-boodskap dat Klara vermis word, is teen Dinsdag sowat 6 000 keer gedeel, maar haar ma, Liesl, het later haar Facebook-status bygewerk om te sê die tiener is dood. Die polisie sê sy het by die Nortgate-inkopiesentrum noord van Johannesburg na haar dood geval, en haar liggaam is tussen 19:00 en 20:00 gevind. Haar ma is later aangehaal waar sy sê haar dogter het haar eie lewe geneem.

News24