[caption id="attachment_92754" align="alignnone" width="620"]Fotobron: Imgur.com Fotobron: Imgur.com[/caption]
Die skrywer het ’n poswissel vir $54,39 ingesluit. Dit dek die rekening van $20 plus 8 persent samegestelde rente per jaar vir die 13 jaar.
'Ek het nie geld gehad nie en daar was ’n honger kind by die huis.'

“Ek het nie geld gehad nie en daar was ’n honger kind by die huis. Ek skryf toe ’n tjek uit wat ek geweet het nie deur my bank uitbetaal sou word nie,” lui die brief.

“Ek maak nie verskoning vir my gedrag nie; ek plaas net die saak in konteks.”

Die klant verduidelik toe verder dat hulle sedertdien ’n besigheid opgebou het en weer finansieel op hul voete gekom het.

“Ek dink dikwels en met groot skaamte aan hierdie saak,” het die klant voortgegaan en bygevoeg dat hulle die winkel die afgelope paar jaar dikwels besoek het, maar dat hulle te skaam gevoel het om die daad te bely en vergifnis te vra.

Die eienaar van die pizzawinkel het hierdie buitengewone skrywe op Reddit geplaas onder die opskrif:

“Het dit vandag ontvang. Ek is absoluut sprakeloos.”

Bronne:News.com.au, Reddit.com, Imgur.com