lonehill

Die Zimbabwiese burger Norma Mundondo het vanoggend vlugtig in die Randburgse landdroshof verskyn.

Wilma is op 12 Oktober verlede jaar in ’n veiligheidskompleks in Lonehill noord van Johannesburg vermoor. Haar vyfjarige seuntjie was tuis tydens die voorval.

Norma, die gesin se huiswerker, is op 20 November by die Floridameer in Roodepoort aan die Wes-Rand vasgetrek.

Na bewering het sy en Wilna vasgesit oor geld wat glo vermis geraak het.

Norma, wat teregstaan op aanklagte van moord en diefstal, het stil en bedees voor die hof verskyn in ’n grys sweetpak en ’n kopband. Sy het ná die tyd vir die hofgangers gewuif voor sy weer na die aanhoudingselle begelei is. Sy bly in aanhouding.

Mario, haar man, het nie vanoggend se hofverrigtinge bygewoon nie.

“Hy vat die dood van sy vrou nog baie sleg,” het ’n familielid, wat naamloos wil bly, gesê. “Ons is net bly die hofsaak is op dreef.”

Dit saak sal op 12 Mei in die hooggeregshof voortgesit word.