Die SR van die Universiteit van Kaapstad (UK) het op hul weeklikse vergadering besluit om albei lede te skors en sê die bewerings word in ’n ernstige lig beskou. Hulle wend pogings aan om “die slagoffer ’n stem te gee en die vermeende oortreders aanspreeklik te hou”.

Die student het egter later aan die beskuldigde gesê dat sy nie meer met hom wou seks hê nie.

Die student wat die aantygings teen een van die beskuldigdes gemaak het, het die voorval by die Pan Africanist Student Movement of Azania (Pasma) aangemeld, lui ’n verklaring deur hulle.

Albei studente het ingewillig tot seks in die SR-lid se kamer in die Liesbeek Gardens-koshuis, lui die verklaring. Die student het egter later aan die beskuldigde gesê sy het van plan verander.

Die student beweer dit was ’n vorm van manipulasie om haar te oorreed om wel seks te hê.

“Daar word beweer die beskuldigde was ongelukkig met hierdie besluit en het die student die res van die aand geïgnoreer. Die student beweer dit was ’n vorm van manipulasie om haar te oorreed om wel seks te hê.”

Geen besonderhede van die klagte teen die ander SR-lid is beskikbaar gestel nie. Die kwessie is na die universiteit se kantoor vir diskriminasie en seksuele teistering verwys.

Die universiteit het in ’n amptelike verklaring bevestig hulle is bewus van die bewerings en dat dit ondersoek sal word.

“Ons is uiters bekommerd en beskou die beweerde voorval in ’n ernstige lig. Die UK het dienste beskikbaar om studente te ondersteun wat by hierdie beweerde voorvalle betrokke was of daardeur geraak is,” lui die verklaring.

Enigeen met inligting oor die bewerings word versoek om by die kampusbeskermingsdienste aan te meld.

Die beskuldigde is nog nie aangekla nie.