’n Klag van roekelose en nalatige bestuur is teen een van die sogenaamde Waterkloof-vier aanhangig gemaak nadat hy Dinsdagmiddag in ’n ongeluk betrokke was waarin 'n vrou kritiek beseer is berig Beeld.

Reinach Tiedt, wat in Februarie saam met Gert van Schalkwyk op parool vrygelaat is nadat hulle in 2008 tronk toe gestuur is vir die moord op ’n hawelose man, is beseer in die ongeluk in die ooste van Pretoria. Volgens Beeld het die bestuurder van die motor waarin hy vasgery het het verskeie beserings opgedoen en is sy in ’n kritieke toestand in die Kloof-hospitaal in die ooste van Pretoria. LEES MEER HIER